TERUGVOERING VAN ONS KLIENTE

Hi daar,
Baie dankie vir die wonderlike diens wat jy aan ons gelewer
het. Die klank en atmosfeer wat geskep is, het net bygedra
aan 'n dag wat klaar "amazing" was. Al ons gaste het
terugvoering gegee van die fantastiese ervaring en hoe
beïndruk hul was met ons keuse van DJ.
Weereens, baie dankie vir als en gebruik maar gerus ons
troue as verwysing.
Cell: 084 212 1019(Riaan)
Cell: 079 403 0000(Leandré)

02/01/2009

 

 

Beste Jaco

Baie dankie vir jou hulp met ons sekretaressefunksie! Jy het regtig die “crowd” goed gelees met die musiek wat jy gespeel het en die musieklys wat jy opgestel het vir ons MovieQuiz was in die kol!!  Jy’t regtig al ons verwagtinge oortref!!

Ons sal definitief in die toekoms weer van jou gebruik maak by ons funksies en sal jou aanbeveel vir enige iemand wat ʼn DJ benodig!

Vriendelike groete

Liezel Strydom

 

Jaco

 

Weereens wil ons net vir jou dankie sê vir jou goeie diens wat jy vir ons funksies

in 2008 gelewer het. 

Die klank en beligting was uitstekend. Almal was hoogs tevrede met die keuse van musiek.

Ons kon nie 1 keer stil sit nie, ons voete het bly jeuk. Wat ook lekker was, was dat ons gedurende die

funksie enige tyd na jou toe kon kom, met ons "special request" en nie lank daarna het jy daardie

liedjie gespeel. 

Wanneer mens funksies reel moet mens altyd weer als na gaan om seker te maak als werk reg uit, maar ons moet sê, met jou as DJ het ons een ding minder om na te gaan. Jy daag altyd op en die belangrikste, jy was nog altyd op tyd. 

Jy is ook altyd bereid om daai extra bietjie moeite te doen, selfs daai keer toe ons 'n DJ op die laaste minuut nodig gehad het, het jy jou planne  so geskuif om ons te akkomodeer.

Weereens dankie.

Groete

Bianca

071 671 4739

 

 

 

 

Hi Jaco

Ek wil net van hierdie geleentheid gebruik maak om vir jou baie dankie te se vir die uitstekende diens wat

jy aan ons gelewer het,die klank,beligting en die keuse van jou musiek was briljant.

Baie dankie vir alles en ons gaan jou deflinitief wee gebruik in die toekoms.

Groete

Ronel Van Wyk

13/06/2009

 

 

 

 

 

 

Wil net vreeslik dankie se vir JC Disco (Jaco) wat ons klank gedoen het vir ons troue op 2 Mei 2009 te Pampoenkraal Durbanville. Julle het n fantastiese werk gedoen en ek sal julle aanbeveel vir enige iemand. Julle het ons dag baie spesiaal gemaak vir ons en dankie dat julle dit saam met ons gedeel het. Hoop om weer saam met julle te kan werk in die toekoms.

Vriendelike Groete

Shaun en Cindy Visser

 

 

 

 

 

 

 

Wil net baie dankie se vir JC DISCO vir die lekke musiek wat jy op ons troue gespeel het die 19 Sep 2009.

Ons gaste het dit baie geniet,en ons sal julle aanbeveel vir enige funksie.

Groete Mnr & Mev Le Roux.

 

Hi Jaco

 

Weereens wat n aand, jy is darem nou net briljant! Moet se ek moes omtrent n uur buite staan sodat ek kon droog raak, die musiek het my op daai vloer gehou!!!! Ons gebruik jou nou al vir n tydjie en sal definitief nog baie lank in die toekoms so doen! Jy begin al soos n vriend voel vir ons!

Moet se daai Blou Bul en Cheetahs song het dit vir daai 2 manne gedoen alhoewel ek n WP man is!!!! Weereens uitstekend gedoen!!!

Ek het n fantastiese tyd gehad en dis al wat mens moet he op jou verjaarsdag.Jammer dat ek jou naam vergeet het by bedankings, ek vra groot onverskoning, maar as jy dit nie weet nie,se ek dit vir jou- JY IS DIE BESTE DJ WAT EK AL GEHOOR HET EN KEN!!!!!

Dankie weereens vir n fantastiese aand!!

Groete

Danie Bruwer

23/10/2009

 

 

 

 

Hi Jaco

I would just like to thank you for your professionalism. The party on the 7 Nov 09 was a great success! You managed to impress all the teenagers with your DJing and that says a lot because they are hard to please, so five stars to you. I will definitely be using you again! 

Regards Edith…

 

 

 

 

 

 

Troue 31/10/2009, Groenrivier, Riebeek-kasteel

Hello Jaco

Baie Dankie vir die Fantastiese Diens wat jy vir ons gelewer het! Alhoewel ons vir jou a minimale idée gegee het van wat se musiek ons wil he, het jy op jou eie die atmosfeer reg geskat en vir Hardie, myself en ons gaste ure se dans plesier gegee!! Hardie se jy was al vroeg by die lokaal en ons waardeer al die voorbereiding wat jy gedoen het!!

Baie dankie ook vir jou rol in die speletjie om die gaste besig te hou, dit was 100% uitgevoer.

Uitstekende diens is gelewer en daar was niks waarmee ons kan fout vind nie! Baie van die gaste het ook net goeie goed oor die musiek te se gehad!

Weereens baie dankie, Jaco en ons sal nie huiwer om weer van jou dienste te maak nie!!!

Lekker Dag

Groete

Linette and Hardie Van Tiddens.

 

 

 

 

 

Troue 5 Junie 2010 , Durbanville

Jaco vreeslik baie dankie vir al jou hulp met die reelings vir ons troue, en hulp om die troue die beste van sy soort temaak.

Al die gaste en ons self het dit vreeslik baie geniet,die musiek keuse en beligting was baie goed,al ons gaste het baie gedans en baie goeie terugvoering gegee van die musiek en die dj.

Vreeslik baie dankie en jy kan met gerus ons as verwysing plaas.

Vriendelike Groete

Sarel & Annemarie Joubert

 

 

 

 

 

40Ste Verjaarsdag (24 Sep 2010)

Hi Jaco

Baie, baie dankie vir die wonderlike musiek want sonder dit sou die aand nie so suksesvol gewees het nie dit kan defnitief ‘n partytjie maak of breek en jy het net geweet hoe om dinge aan die gang te hou.

Groete

Madelein

 

 

 

 

 

Hi Jaco (Troue Bonnievalle - 06 Nov 2010

 

Baie dankie vir jou professionele diens. Die klank,beligting en keuse van musiek wat jy by ons troue gehad het was uitstekend! Jou toerusting was van uiters hoe gehalte. Ek kan JC Disco enige tyd aanbeveel, dis bitter goeie waarde vir geld!
Skakel my gerus vir verdere verwysing by

0836753469

Juan & Lou-Mari.

 

 

 

 

Hi, Jaco,

KONFERENSIE CLUB MYKONOS 08 Maart 2011.

Ons wil jou bedank vir jou uiters professionele optrede en fantastiese musiek met die Griekse aand.

Baie dankie vir jou bydrae om die aand uiters suksesvol en aangenaam te maak vir die franchisees en gaste.

Ons sal beslis weer van jou dienste gebruik maak.

Baie dankie en vriendelike groete

Felicity en Personeel.

 

 

 

 

 

Hi, Jaco,

TROUE 02 APRIL 2011 - DE KLEINOLIPHANTKOP PLAAS

HI Jaco

Ons wil net baie dankie se dat jy n baie goeie diens aan ons gelewer het op ons troudag.

Sal jou vir almal aanbeveel.

Groete

Andre/Ingrid

 

 

 

 

 

To whom it may concern (and to anyone requiring a DJ for their wedding or any other function!)

We utilised the services of Jaco Esterhuizen (JCDISCO) for our wedding on 7 May 2011. We were pleasantly surprised with the service we received.

Jaco went out of his way to accommodate our requests and was willing to make numerous visits to our house in the weeks preceding the wedding to make sure that everything is exactly as we wanted.

Jaco’s insights and suggestions proved invaluable and really ensured that my wife and I did not doubt for one second that we were in capable hands.

The music at our wedding was exactly as discussed. The variety was perfect and we received various comments indicating such.

We will definitely not hesitate to make use of Jaco’s services again and we will not even attempt to make use of someone else for any occasion. Jaco exceeded our expectations and we want to thank him once again for a job well done.

Kind regards,

Michael & Marelize Donaldson

23 May 2011

 

 

01 OKTOBER 2011

Wat kry jy as jy goeie mense met goeie musiek meng ???

 

‘n Super Duper  FUNTABIOLUS party !

 

Jaco, baie dankie dat jy gehelp het om Peter se 40ste so ‘n groot sukses te maak.  Even met die ”onderbreking” het ek iemand hoor sê : Wie gaan nou weer wil dans, maar haar sin was nog nie eens voluit uitgespreek nie toe dans 90% van die gaste al klaar weer.

 

Ek het soveel komplimente gekry oor hoe suksesvol ek ’n partytjie kan ”gooi”, maar ek is oortuig daarvan dat – sonder die fabulous  musiek – dit maar net nog ’n partytjie sou gewees het.

 

Ek MOET bysê, dat die enigste leiding wat ek vir Jaco gegee het was ...

Ons hou van dans ... enige iets van Country tot en met Rave, so gaan mal!

Jaco was letterlik oorgelaat aan sy eie oordeel, en hy het die partytjie ****** SPOT ON geoordeel ******

 

Weereen, Jaco, Baie Baie Dankie … Ek sal definitief weer van jou dienste gebruik maak

 

Brenda Rundle

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Webtuiste © Kopiereg JC DISCO 2009

Cell : 082 872-0998  Mail:jaco@jcdisco.co.za   Web:www.jcdisco.co.za

Oval: TUISBLAD
Oval: TOERUSTING
Oval: FOTO’S
Oval: KLIENTE
Oval: TARIEWE
Oval: KONTAK
Oval: VIDEO’S
Oval: TUISBLAD
Oval: TOERUSTING
Oval: FOTO’S
Oval: KLIENTE
Oval: TARIEWE
Oval: KONTAK
Oval: VIDEO’S